L I T T L E S E E D S

Loading...

We understand better that enim ad minim veniam, consectetur adipis cing elit, sed do

Littekens is nie altyd sigbaar nie. Soms is dit diep weggesteek in ‘n jong kind se brein en onsigbaar vir die blote oog, maar met ‘n lewenslange impak op hoe daardie kind dink, voel en in die wêreld beweeg. As kerk en geloofsgebasseerde organisasies, is ons geroep om juis hierdie kinders raak te sien.

Sluit by ons aan vir ‘n webinar saam met Dr. Etienne van der Walt — internasionaal erkende neuroloog en neuro-wetenskap leier, asook stigter van AmazingBrains, ‘n nie-regerings organisasie wat fokus op heelkind-ontwikkeling deur programme gebasseer op huidige Ontwikkelingsgerigte kognitiewe neurowetenskap.

 

Hierdie webinar sal jou help om te verstaan:

– Hoe trauma die ontwikkelende brein permanent kan beïnvloed

– Waarom traumatiseerde kinders dikwels misverstaan word

– Hoe jou gemeente ‘n plek van genesing en veiligheid kan word

Hierdie webinar is vir enige iemand wat met kinders werk: predikante, jeugwerkers, VKO-opvoeders, ouers, kategese-leiers, ens.

 

Kom leer saam met ons. Want littekens kan heel word — veral wanneer ‘n gemeente omgee.

Datum: 22 April 2026 om 18:30

(Om die webinar toeganklik vir soveel as moontlik mense te maak, word dit in Engels aangebied.)

Bespreek jou plek hier: https://forms.gle/uRMkuAiHVgwNivj8A

Leave A Comment