Veiligheid is een van die boublokke wat die Wêreld Gesondheidsorganisasie identifiseer as krities belangrik vir ‘n jong kind se optimale ontwikkeling. Die kerk ‘n groot rol en verantwoordelikheid om te sorg dat elke kind in hul midde en ook in die gemeenskap, ‘n veilige omgewing het om in groot te word. Gemeentes geniet ‘n besondere vertroue in hul gemeenskappe. Ouers laat hul kinders in die sorg van leiers, onderwysers en vrywilligers wat hulle ken en respekteer. Dít skep ‘n ongelooflike geleentheid – maar ook ‘n verantwoordelikheid wat ernstig opgeneem moet word.
Little Seeds Eenheid bied op Woensdag 27 Mei ‘n webinar spesifiek vir gemeentes aan oor hierdie belangrike onderwerp. Ons gaan luister na die inspirerende storie van ‘n gemeente wat oor grense hande gevat het in hul gemeenskap om kinderveiligheid te bevorder. Ons gaan ook kyk na praktiese riglyne vir gemeentes vir die samestelling van ‘n kinderbeveiligingsbeleid en ook ander hulpmiddels om bewusmaking te skep.
As jy deel is van ‘n geloofsgemeenskap en jy wil ‘n verskil maak in die lewe van kinders – moenie hierdie webinar mis nie.
Woensdag 27 Mei om 18:30 tot 19:30 via MS Teams
Registreer by https://forms.gle/5CNAN1KwApjMsrUJ9
