
Little Seeds Eenheid se geliefde maatskaplike werker, Zylia Voschenk, het op 31 Maart afgetree. Zylia was van 2006 af betrokke by Vroeëkindontwikkeling waarvan die afgelope 6 jaar by Little Seeds Eenheid. Zylia se nalatenskap is groot en wyd. Nie net is sy uiters kundig op die gebied van VKO-sentrum registrasies en ondersteuning nie, maar sy is ook die meesterbrein agter Little Seeds Eenheid se Dagmoeder-program.
En moenie dink dat Zylia nou gaan stilsit op die bank nie, haar tuin, kombuis en kleinkinders wag!
Dit was ‘n voorreg om saam met jou te kon werk.
Lekker rus, Zylia!
